WIE IS ONS?
Agapé Gemeente is een van 31,000 wêreldwye gemeentes van die Church of the Nazarene International. Ons is dus deel van 'n wêreldwye familie, wat in 160 lande die Evangelie bedien. Ons het onder andere 750 voltydse sendelinge, 55 Universiteite en Bybelkolleges, en ons groei elke jaar met 145,000 nuwe lidmate.
Agapé Gemeente word gelei deur verskeie spanne wat op verskillende vlakke God se hart en visie vir ons gemeente verken. Ons Kerkraad word elke vier jaar deur ons lidmate verkies, om ons gemeente se volle potensiaal te ontwikkel en ons groeiend in die regte rigting te lei. Die Kerkraad stel ons leraars en voltydse bediening-span aan, terwyl 'n Dagbestuur - wat uit Kerkraadslede en Personeel bestaan, die dag-tot-dag sake van die gemeente hanteer.